Kommentaar

U is baie welkom om kommentaar te lewer aan die einde van elke artikel. Kom praat saam.

Monday, July 6, 2009

Spreek in tale - deel 1

Spreek in Tale

D. Cornier sê, “The spirit that is in contradiction with the Scriptures cannot be the Holy Spirit.” (Charismatic Renewal in the Catholic Church)

Tale is gesprek met God

‘n Skriftuurlike patroon

1 Kor 14:2 Want hy wat in 'n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.

Wanneer tale in die gemeente uitgelê word, dan is die vraag: Wat is die inhoud van daardie boodskap? Sommige sê, dit is ‘n woord van bemoediging, of profesie, of vermaning, of selfs evangelisasie. Maar dit is egter nie in lyn met die skriftuurlike patroon nie. Die Heilige Gees sê net die teenoorgestelde. “…spreek nie tot mense nie”. Dit is so onbybels soos om met Maria te praat. Die beoefening van ‘n gawe wat nie ooreenstem met die Skriftuurlike patroon nie, kan nie kom van die Heilige Gees nie, maar eerder van ‘n ander gees.

Maar wat van 1 Kor 14:21?

1 Kor 14:21 In die wet is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My nie luister nie, sê die Here.

Beteken dit hier dat tale tot mense spreek en is dit in teenstelling met v2? Nee!

Verduideliking: Dit is duidelik dat alle tekens, wat dit ookal mag wees, tot mense spreek. Wanneer dit van God af kom, kan dit nie ‘n teken wees vir God nie. Wanneer ons dan na Joh 17 kyk na Jesus se priesterlike gebed, dan gee dit vir ons ‘n paar antwoorde. Jesus praat alleen met Sy Vader. Maar op ‘n ander vlak, sonder om direk met ons te praat, praat Hy ook met ons. Hierdie gebed wat Jesus tot Sy Vader bid, praat met ons.

So was dit ook met ander tale. God het toegelaat dat mense wonderbaarlik tot Hom bid in ander tale (dit was ‘n gebed tot God), maar dit was God se manier om “…tot hierdie volk…” te spreek. Hierdie volk verwys na Israel. God gebruik die teken van ander tale (heidense tale) om vir Israel te sê dat die heidene ook dieselfde toegang tot die God van Israel het. Dit is wat die teken aan hulle gekommunikeer het.

Dit is wat Petrus beskryf in sy boodskap op die dag van Pinkster. Die vraag was:

Hand 2:12 En hulle (die Jode) was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan dit tog wees?

Wat kan hierdie ander tale (15 verskillende nationale tale) dan wees? Dan gee Petrus God se antwoord:

Hand 2:17 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees…en dit is, op alle tale, op alle mense, alle nasies.

‘n Skriftuurlike bevestiging

Op Pinksterdag was dit nie heidene wat bymekaar gekom het nie, maar Jode.

Hand 2:5 En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is.

Dit was JODE van elke nasie onder die hemel wat die pinksterfees kom bywoon het. Hier was Jode saam wat 15 verskillende tale verteenwoordig.

Hand 2:14 Maar Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde.

Hand 2:22 Israeliete, luister na hierdie woorde! …

Hand 2:29 Broederswat ongetwyfeld verwys na sy Joodse broers.

Hand 2:37 Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?

Vyf keer bevestig die Skrif dat die godsdienstige manne, Jode was wat van ver lande af gekom het om die pinksterfees te kom bywoon in Jerusalem. Die fees was net op hulle van toepassing gewees. Die skare op pinksterdag was Jode wat Aramees gepraat het en hulle het almal Petrus verstaan wat in heirdie taal vir hulle gepreek het, sonder dat hy die ander 15 tale gebruik het.

Wat het hulle in tale gespreek?

Hand 2:11 …ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek.

Dit was nie die tale nie, maar Petrus se prediking, wat nie in ander tale was nie, wat 3000 tot bekering gebring het. Tale het die mense net laat vrae vra.

Donald Gee, een van die grootste denkers onder Pinkster geledere, sê (in Spiritual Gifts):

"On the day of Pentecost, they all spoke in tongues before the crowd assembled. The crowd ran to see what all the noise was about. They found the disciples speaking of the wonders of God in their own dialects. It is clear that this crowd heard words THAT WERE NOT ADDRESSED TO THEM (emphasis added). When it was time to preach, it was Peter, and Peter alone, who spoke to the crowd whilst the eleven remained with him. He used a language common to all so that everyone would understand him... Thus the erroneous and time-honoured assertion that the gift was for the preaching of the Gospel to the Gentiles is refuted."

Dennis Bennett, bekende skrywer in Pinkster kringe sê,

"It is surprising to note how many Christians, even those who are well-grounded, think that the languages spoken at Pentecost were given to proclaim the Gospel in the languages of the people who were listening, because they came ‘from every nation under heaven’. In fact this passage states, ‘Now there were staying in Jerusalem JEWS from all nations...’ It was simply Jews who lived in other countries and who had travelled up to Jerusalem for the feast. There was no need for foreign languages. What they heard was not a proclamation of the Gospel but the first Christians PRAISING AND GLORIFYING God for the wonders He had done" (v.11).

Hiermee kan ons saamstem.

Hand 11:15 En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin.

16 En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.

17 As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder?

Die natuur van hierdie glossolalia was identies as die eerste keer, want Petrus verwys daarna, “…soos ook op ons in die begin.” Maw, daar was niks aan mense geadreseer nie. Hulle het in ander tale God verheerlik.

Hand 19:6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

Hierdie gebeurtenis van die twaalf dissipels van Johannes sê vir ons niks meer nie.

Hoe verstaan Paulus dit alles? In 1 Kor 14 sien hy dit presies dieselfde as die gebeure in Handelinge. Dit is ‘n gebed (v2), psalmsing (v15) en danksegginge (v16) aan God in ander tale. Gebede en psalmsing kan onbevraagd net aan God gerig word. Tale is nie ‘n boodskap aan mense nie.

1 Kor 14:2 Want hy wat in 'n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.

"...an experience, the’ baptism of the Holy Spirit’ that lures souls to practise the contrary of what the Scriptures say, is not of the Holy Spirit."

1 comment:

Anonymous said...

Ons het verlede by sel hieroor gepraat. Baie vrae het opgekom. Ek het reeds dit vir almal ge-email. Thanks!Karen