Kommentaar

U is baie welkom om kommentaar te lewer aan die einde van elke artikel. Kom praat saam.

Monday, July 27, 2009

Die ware wynstok en die lote - deel 2

TEKSGEDEELTE: Joh 15:1-3

Joh 15:1 Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.

2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

3 Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.

TEMA: Die landbouer

Joh 15:1 Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.

Die Vader is die een wat versorg en omgee vir die wingerd en die lote. Dit beeld die Vader uit wat vir Sy eie Seun omgee en vir hulle wat ook seuns is deur die geloof. Hy is die landbouer. Die boer. Hy onderhou die wingerd.

In die geval van ‘n wingerd, het die Boer het twee belangrike verantwoordelikhede, apart van die grond wat voorberei moet word en die wingerd wat geplant moet word. Eerstens, hy moet die lote afsny wat nie vrug dra nie. En tweedens moet hy die wat wel vrug dra gereeld snoei, sodat hulle meer vrug kan dra.

Joh 15:2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

Dit is die lanbouer, die boer se werk, om die lote wat nie vrug dra nie, weg te neem en die lote wat vrug dra skoon te maak dat dit meer vrug kan dra. Snaaks genoeg, wingerd lote kan vir niks anders gebruik word nie. Jy kan dit nie eers gebruik om mee vuur te maak nie. Dit word net eenvoudig weggegooi. Hulle word afgesny en weggeneem, want hulle mors net al die energie wat die ander lote nodig het. Dan word die ander lote wat vrug dra, skoon gemaak om meer vrug te dra.


Let op! Elke loot wat in My
nie vrug dra nie, word wat? …weggeneem. Dit is wat die Vader doen. Dit is Sy werk om te straf. Die Bybel sê nie Hy maak hulle weer reg en herstel hulle weer dat hulle vrug kan dra nie. Nee! Hy neem hulle weg. Hy sny hulle af. V6 sê dat hulle daarna bymekaar gemaak word en in die vuur gegooi word en verbrand word. Met hulle word finaal afgehandel.

Ons het gesien dat hierdie lote, die Judas lote, is mense wat wel een of ander verbindtenis of oppervlakkige verhouding het met Jesus, hulle is waarskynlik ‘n volgelinge, maar ‘n Judas tipe volgeling, maar nooit waarlik gered nie. En dit is ook die rede waarom hulle nooit vrug dra nie. Sogenaamde Christene wat nie wedergebore christene is nie en nooit vrug gedra het nie, hulle word weggeneem.

Die een wat dan vrug dra, word skoon gemaak en dit is die ware gelowiges. Let op! Die Vader het ook werk om te doen aan die gelowiges. En hierdie is ‘n voortdurende werk. Dit is ‘n voortdurende skoonmaak proses. En die doel is dat die gelowige meer vrug sal dra. Dit is wat ons dan noem heiligmaking.

Die lote

Daar is twee tipe lote. Hulle wat groei en vrug dra. Aan hulle word deeglike aandag gegee. Die dinge wat op die loot groei wat neig om die loot te verswak. Dit moet afgesny word. Die stof van die wêreld wat aan jou voete gaan sit, moet afgewas word.


Jesus sê
Sy volgelinge is soos die lote wat vrug dra, wat gesnoei moet word. Ander word dra weer glad nie vrug nie en word weggeneem en in die vuur gegooi.

Die lote wat dan in Hom nie vrug dra nie en weggeneem word kan nie na ‘n Christen verwys nie, vir ‘n paar redes. Nommer een, elke Christen sal vrug dra. Vrug is die bewys van ware bekering. Sommige christene moet ‘n mens lank dophou om ‘n paar ou druiwekorrels te sien, maar jy sal vrug vind. Die karakter van ‘n nuwe lewe in Christus, is om produktief te wees. Elke gelowige moet en sal vrug dra.

Ef 2:10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

Die vrug van saligheid is goeie werke.

Jak 2:17 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.

Maw geloof wat nie goeie werke, geloof wat nie vrug produseer nie, is nie ware geloof nie. Ware geloof is produktief al dra die boom maar skaars.

Jak 2:22 Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?

Dit beteken nie dat jy gered is deur jou werke nie, dit beteken werke is die bewys van jou saligheid. Elke ware gelowige sal goeie werke produseer en dit is ‘n bewys dat hy in die ware wynstok ingeënt is en dat die lewe van die ware wystok, Jesus Christus, in Hom vloei.

Matt 7:16 Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. (Dit word die definitiewe bewys dat iemand ‘n gelowige is. Daar kan nie ‘n gelowige wees, sonder vrug nie) 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!

17 So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte.

Hoeveel goeie bome dra goeie vrugte? Hoeveel? “…elke goeie boom”. Daar is nie so iets soos ‘n gelowige wat nie goeie vrugte dra nie.

20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.

Matt 12:33 Julle moet òf die boom goed maak en sy vrugte goed, òf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken.

Matt 3:7 Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?

8 Dra dan vrugte wat by die bekering pas.

Maw vrugte wat gekoppel is aan saligheid. Jy sien, saligheid en vrugte gaan saam, dit is hoe jy kan sien of iemand gered is.

Rom 6:20 Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid.

21 Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? (Maw toe jy nie gered was nie, watter vrug het jy gehad? Die antwoord impliseer, niks. En as jy enige vrug gehad het, was dit die vrug van sonde) Want die uiteinde daarvan is die dood.

22 Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe. (Elke gelowige het die ewige lewe en elke gelowige dra vrug)

As ons dan nou teruggaan na Joh 15 en ons vind mense wat nie vrug dra nie, is hulle Christene? Nee! Hulle kan nie gelowiges wees nie.

Joh 15:2 Elke loot wat IN MY nie vrug dra nie…

Wat beteken dit? Dit klink dan soos gelowiges. Dit klink soos hulle is in Christus. Beteken dit saligheid. Is hulle in Christus en word dan weggeneem? Kom ons kyk:

Rom 9:6 Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.

KJV sê, “…For they are not all Israel, which are of Israel”

Sien julle dit? Jy kan in Israel wees en nie die “genuine”, die egte wees nie. Kom ons kyk na nog ‘n illustrasie.

Luk 8:18 Pas dan op hoe julle hoor; want elkeen wat het, aan hom sal gegee word; en elkeen wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy dink dat hy het.

KJV

Luk 8:18 Take heed therefore how ye hear: for whosoever hath, to him shall be given; and whosoever hath not, from him shall be taken even that which he seemeth to have.

Sien julle dit? Dit lyk so.

In Rom 11 vanaf v16-24 kry ons dieselfde ding. Israel is die olyfboom en sommige van die takke is afgebreek en weggegooi. Maw sommige van die takke wat in die olyfboom was, was nie gered nie. Jy sien, dit is moontlik in ‘n analogie om verbind te wees aan iets. Die feit dat hulle afgebreek is, was juis weens hulle ongeloof. En net so met Joh 15. In hierdie beeld wat Jesus gee, beteken die woorde “in My”, om aan Jesus verbind te wees op een of ander wyse, maar dit beteken nie dat jy gered is nie.

Die implikasie is dit, dat ‘n persoon waarskynlik verbind kan wees aan Jesus, maar in der waarheid nie regtig verbind is nie. En Paulus waarsku ons daaroor. Dit is oor hierdie rede wat hy sê in,

2 Kor 13:5 Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie--as julle ten minste nie verwerplik is nie!

Paulus sê, maak seker dat julle saligheid eg is. Hoekom? Want die lote wat nie vrug dra nie, neem Hy weg en gooi dit in die vuur.

Jesus praat van twee tipe lote. Die lote wat ware dissipels is en die Judas lote, hulle wat uithang saam met Hom, hulle wat ‘n gedaante van godsaligheid het. Dit lyk asof hulle glo, maar daar is geen vrug nie. Daar kom ‘n tyd wanneer die Vader hulle sal wegneem en daarna sal dit onmoontlik wees om terug te kom.

As dit na gelowiges verwys, dan beteken dit dat as jy jou saligheid verloor het, is dit onmoontlik om dit weer terug te kry.

2 …elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.


Dra net sommige lote vrug? Nee! Elke loot wat vrug dra. Die Here tugtig die wat Hy liefhet. Die Here maak jou skoon, sodat jy meer vrug kan dra. Die Here laat dinge toe in ons lewens, om ons te vorm en te verander, sodat ons meer vrug kan dra. Die Vader maak ons skoon van die dinge wat verhinder dat ons meer vrug sal dra. Luister! Die Vader wil hê dat ons maksimum vrug sal dra en om dit te doen moet Hy gereeld snoei aan ons lewens. Sonde en klein dinge wat ons klou, wat ons groei belemmer. Daardie dinge wil die Vader verwyder.

En somtyds maak dit seer. Die mes waarmee Hy die loot snoei is soms pynlik. Somtyds worstel ons met die Here en vra, waarom laat Hy hierdie dinge in ons lewens toe? Ek wil u verseker, die Vader weet presies wat Hy doen.

Die waardevolle lesse wat ons leer uit moeilike omstandighede en verdrukking, maak ons oë oop om te sien wat ons nie in ons lewens nodig het nie. Dit kan enigiets wees wat die Vader gerbuik, maar Hy doen dit vir ons eie beswil.


God wil hê dat jy baie vrugte sal dra. En Hy gee deeglik aandag aan elke loot. Hy is betrokke by elke loot. Hy is betrokke in jou lewe.

Rom 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Dit maak dat die snoei proses in jou lewe ‘n vreugdevolle proses is, want die uiteinde is baie vrugte. Meer en meer vrug.

Heb 12:7 As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?

10 Want húlle het ons wel 'n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word.

Hy doen dit sodat ons deel kan hê aan sy heiligheid. Die snoeimes maak seer, maar dit is die moeite werd. Die landbouer gebruik ‘n mes om die wingerd te snoei. Wat is die Vader se mes? Is dit swaarkry? Nee. Die mes is die Woord van God.

Joh 15:3 Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.

Die Woord van God is die intrument waarmee Hy ons reinig en skoonmaak. Het jy al agterkom hoe meer sensitief is jy tot die Woord van God, wanneer jy deur moeilike tye gaan. Het jy al agtergekom hoe jy skielik meer tyd spandeer met die Bybel wanneer jy deur slegte omstandighede gaan. Jy voel die benoudheid en dan kry jy ‘n vers wat jou so bemoedig. Die vers spring sommer so na jou toe. Die Woord van God begin vir jou lewe.

Verdrukkinge en beproewinge maak ons sterker en gee vir ons geestelike mussels. Maar die Woord van God is die mes, dit is die twee snydende swaard wat sny.

Spurgeon sê, "It is the Word that prunes the Christian. It is the truth that purges him. The Scripture made living and powerful by the Holy Spirit cleanses the Christian. Affliction is the handle of the knife. Affliction is the grindstone that sharpens the Word. Affliction is the dresser that removes our soft garments and lays bear the diseased flesh so the surgeon's knife may get at it. Affliction merely makes us ready for the surgery of the Word of God. But the true pruner is the Word in the hands of the great vine dresser."

Ons word skoon gemaak deur die Woord. Jesus sê, die ware dissipels, die lote wat vrug dra, is alreeds rein deur die Woord. Hul saligheid het gekom deur die Woord en hulle voordurende skoonmaak kom ook deur die Woord van God.

No comments: