Kommentaar

U is baie welkom om kommentaar te lewer aan die einde van elke artikel. Kom praat saam.

Friday, July 24, 2009

Spreek in tale - deel 5

Tale, stig jouself?

1 Kor 14:4 Hy wat in 'n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente.

Sommige meen dat hierdie gawe nodig is vir jou persoonlike stigting, en omdat ons almal stigting nodig het, moet almal hierdie gawe hê. Buite die konteks, wil dit so voorkom, maar het ons die reg om twee woorde stig homself” buite die konteks van hoofstuk 12, 13 en 14 te verstaan? Die sentrale gedagte van hierdie drie hoofstukke is die stigting van ander mense, die gemeente.

· 12:7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.

· 12:25 … dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.

· 14:3 Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging.

· 14:4 …stig die gemeente.

· 14:5 …sodat die gemeente stigting kan ontvang.

· 14:6 …tot watter nut sal ek vir julle wees …

· 14:7 …hoe sal 'n mens weet…

· 14:8 …wie sal klaarmaak…

· 14:9 …hoe sal 'n mens weet…

· 14:16 …hoe sal hy wat die plek van 'n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie?

· 14:17 Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie.

· 14:19 …om ook ander te onderrig…

· 14:26 …alles tot stigting geskied (van die gemeente).

· 14:31 …sodat almal kan leer en almal bemoedig word.

Die hele hoofstuk 13 gaan oor liefde, wat ‘n vrug is vir ander, want ‘n boom dra nie vrug vir homself nie. Reg in die middel kry ons liefde wat onselfsugtig is en Paulus sê in 1 Kor 13:5 dat “(liefde) soek nie sy eie belang nie”. Hier in die gemeente van Korinthe was die groot probleem, self-gesentreerdheid. Mense wat nie meer ander stig nie, maar hulleself.

Die gawe wat bedoel was om ‘n teken te wees vir die ongelowiges (vir ander), word nou gebruik om hulleself te stig. Paulus noem hulle kinders in die verstand (14:20). Paulus moedig dit nie aan dat mense in tale bid om hulleself te stig nie, maar spreek dit eerder aan as ‘n probleem.

Dit is opmerklik dat Paulus, in dieselfde sin, die profeet teenoor die spreker in tale stel. Terwyl tale homself stig, stig hy wat profeteer die gemeente (14:3,4). Dit impliseer nie dat die profeet nie ook homself stig terwyl hy die gemeente stig nie. Hy word ook deur die gawe van profesie gestig, maar hy stig nie net homself alleen nie.

Daar is nie ‘n gawe wat nie in homself tot stigting is nie. Die herder stig ook homself wanneer hy na die Here se kudde omsien, maar hy stig nie net homself nie, hy voed ander. Die leraar stig nie net homself wanneer hy ander leer en hulle stig nie. Die evangelis word ook gestig deur sy gawe, maar dit is die ander wat grootsliks daarby baat vind.

Paulus sê aan die Korinthiërs dat hy wat profeteer bereik die doel deur ander te stig, teenoor hy wat in tale bid, soos ons gesien het, die doel geheel en al mis.

1 Pet 4:10 Namate elkeen 'n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.

John Stott, skryf in From Baptism to Fullness of Life, "... edifying oneself does not agree with the teaching in the New Testament on edification... Are we not forced to admit that this gift had been badly misused? What would we think of a professor who gave private lessons to himself? Or of a man with a gift of healing who cured only himself? It is difficult to justify the use for personal ends of a gift given expressly for the well-being of others".

Uit hierdie verkeerde interpretasie van die skrif, kom die volgende gedagte dat jy in die privaat in tale met jouself kan spreek. Maar nêrens ondersteun die Bybel hierdie gedagte nie. Tale is ‘n teken vir die ongelowige Jode, soos ons alreeds gesien het.

Wat sou dit baat as Paulus Korinthiërs geskryf het en dit net vir homself gehou het om homself daardeur te stig op sy sendingreise. Op dieselfde wyse is die gawe van tale sinneloos en ‘n teken vir niemand wanneer dit net in die privaat gebruik word nie. As “hierdie volk (Jode)” (14:21) nie teenwoordig is om die teken van tale te sien wat vir hulle bedoel is nie, maak dit geen sin nie.

Verkeersligte is tekens vir padverbruikers, en dit sou nie sin gemaak het om hulle te verwyder en binne ‘n gebou te sit waar hulle vir mekaar kon staan en kyk hoe hulle werk nie. Om dit te gebruik anders as by vier rigtings, sou geen sin gemaak het nie. En wanneer die teken van tale buite die konteks, ‘n teken vir HIERDIE VOLK vir wie dit bedoel is, gebruik word, maak dit absoluut geen sin nie.

Die doel van die teken van tale, soos ons reeds genoem het, was om die ongelowige Jode te oortuig van die universiële karakter van die heilsplan van God.

Paulus sê, dat as daar nie ‘n uitleêr in die gemeente is nie, moet die spreker in tale swyg en met homself en God spreek (14:28). Hoe kan iemand met ‘n duidelike hoorbare teken met ongelowiges praat, wanneer hy is stilte met homself en God praat.

Dit kom alles daarop neer: dit is ‘n teken en niks meer as dit nie. Die teken van spreek in tale is ‘n teken vir die ongelowige Jode wat nie wou glo dat God ook nou met die heidene deel nie.

Ongelukkig bly mense nie by die reëls nie.

2 Tim 2:5 En verder, as iemand aan 'n wedstryd deelneem, word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie.

No comments: