Kommentaar

U is baie welkom om kommentaar te lewer aan die einde van elke artikel. Kom praat saam.

Tuesday, November 17, 2009

Jesus se toewyding aan Sy kerk (deel 1)

Teksgedeelte: Op 1

Op 1:1 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,

2 wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het.

3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.

4 Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is,

5 en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed

6 en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

Tema: Jesus se toewyding aan Sy kerk

Ongelukkig is die boek Openbaring een van die boeke in die Bybel wat die minste gelees word, terwyl Op 22 vir ons sê,

Op 22:10 …Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.

As daar een ding is wat God wil hê wanneer dit kom by hierdie boek, is dat ons sal weet wat dit vir ons sê. Moenie dit verseël nie. Hierdie boek begin en eindig met ‘n bleofte van seën.

Op 1:3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.

Rev 1:3 Blessed is he…Geseënd is hy wat dit lees en dan in 22:7,

Op 22:7 Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.

Dit is die enigste boek in die Bybel wat begin en eindig met ‘n belofte van seën vir die persoon wat dit lees. Ons moet hierdie boek verstaan, want die tyd is naby. Al hierdie dinge waarvan die boek praat is dit wat nog gaan gebeur op God se kalender.

Nou, die sleutel van hierdie boek is 1:1.

Op 1:1 Die openbaring van Jesus Christus…

En dit is wat dit is. Dit is die bekendmaking, die openbaring van Jesus Christus. Die ontdekking van die waarheid oor Christus.

Ek wil graag hê ons moet vanoggend dan spesifiek kyk na Jesus se toewyding aan Sy kerk. Christus word aan Sy kerk geopenbaar. Hy word aan ons bekend gemaak. Hy word geopenaar as die Een wat Sy kerk bedien. Hy is die Hoof van Sy kerk. Hy is die bron van lewe wat lewe aan Sy kerk gee. Hy is toegewyd aan Sy kerk.

Die eerste ding wat ek wil uitlig is dat Jesus is lief vir Sy kerk. V5 sê,

Op 1:5 en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed

Hierdie vers beeld uit Christus se toewyding aan Sy kerk in liefde. Christus het ons lief. Hy was ons sondes in sy bloed.

Die Afrikaanse vertaling“Aan Hom wat ons liefgehad het…”. Die KJV sê, “Unto Him that loved us.” Verlede tyd, maar die Grieks is teenwoordige tyd, nie verlede tyd nie. Ons dink somtyds, dalk omdat ons terug kyk in die verlede na die kruis, dat God se liefde aan ons geopenbaar is in die verlede.

Ons lees in Rom 5,

Rom 5:8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

So ons kyk in die verlede. Ons sien Christus wat gesterf het en sê, dit is God se liefde en dit is hoe Hy ons liefgehad het. Maar ek wil vir jou sê dat God se liefde vir jou vandag presies dieselfde is as 2000 jaar terug op die kruis. Sy liefde het nooit opgehou nie. God bewys verewig Sy liefde aan ons in Jesus Christus.

So die regte vertaling sou wees, Jesus het ons lief. Dit is die eerste boodskap wat Johannes aan die sewe gemeentes gee. Jesus het julle lief. Dit is Sy primêre toewyding, om jou lief te hê. Dit is nie net iets in die verlede nie. Dit is ook nou op hierdie oomblik ‘n realiteit.

Rom 5:10 Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.

Hy sê twee dinge hier. As Christus se dood so baie vir jou kon doen, hoeveel te meer sal Sy lewe nie vir jou kan doen nie? As Christus se dood aan die kruis jou kon verlos van sonde, wat kan die lewende Christus nie vandag ook vir jou doen nie?

En dan nog meer, as Hy ons liefgehad het toe ons nog sondaars was, Sy vyande, hoeveel het Hy ons nie nou lief, nou dat ons Sy vriende is nie? Liefde is nie net in die verlede nie, maar dit is nou ook ‘n huidige werklikheid. As Sy dood vir ons so baie beteken in die verlede, hoeveel beteken Sy lewe nie nou vir ons nie.

So julle sien, dat Jesus het ‘n commitment om Sy kerk lief te hê. Ek weet nie van julle nie, maar dit beteken baie vir my om te weet dat Jesus het my lief.

Carl Bartlett, ‘n Duitse teoloog, na alles wat gesê en gedoen is, nadat hy al sy teologiese boeke geskryf het, vra iemand hom wat is die belangrikste ding wat hy ooit geleer het en hy sê,

"The greatest truth I ever learned is Jesus loves me this I know for the Bible tells me so."

En is dit nie so nie? Hy het my lief. Daarom laat Hy alle dinge ten goede meewerk, want Hy het my lief.

Ef 5:25 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het (verlede tyd)

26 om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,

27 sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.

28 So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief;

29 want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, (en kyk nou, hier kom die teenwoordige tyd) maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.

Wat doen die Here? Hy voed dit en Hy koester dit. Jesus bewys Sy liefde elk dag aan die gemeente deur dit te voed en te koester. Dit is Christus wat ons voed. Hy is die brood van die lewe, Hy is die water van die lewe en Hy voed ons en les ons dors deurlopend. Hy koester ons deurlopend.

‘n Kind van God het nooit ‘n leë maag nie, want Hy voed dit. ‘n Kind van God word nooit weer dors nadat hy die lewende water gedrink het nie, want Hy les jou dors. Hy koester ons. Dit is soos ‘n mamma voëltjie wat vir haar kleintjies kos gee en hulle warmte gee. Warmte, dit is dieselfde as koester.

So voed Christus ons met Sy woord en Hy gee ons warmte deur Sy lewende teenwoordigheid. En dit sê vir ons, Hy is lief vir ons.

Op 1:5 …Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed

Dit is hoe Hy jou liefhet. Genoeg om vir jou te sterf. Genoeg om jou vry te maak van sonde. Genoeg om jou los te maak van die bande van sonde.

Op 1:6 en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

Hy het ons nie net gered nie, maar hy maak ons konings en priesters. Ons was eers useless. Ons was sondaars. Hy maak ons konings en priesters. Hy gee ons koninklike status. Hy gee ons priesterskap. Ons het Sy kinders geword.

Rom 8:17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

Jy kan nie iemand meer lief hê as dit nie. Iemand wat sê, kom op hierheen en word ‘n koning saam met my. En aan die einde van Openbaring 3 sê Jesus,

Op 3:21 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

En dit is so hoog as wat jy ooit kan gaan. Wanneer ons in die hemel kom, gaan ons saam met Hom op sy troon sit. Ons gaan saam met Hom regeer. Ons is ook priesters en dit beteken ons het priesterlike toegang tot God.

‘n Mens kan nie anders as om opgewonde te raak oor Sy oneindigende, onveranderlike, onvoorwaardelike liefde nie.

Rom 8:35 Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?

36 Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.

37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

38 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge

39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

Luister! Jesus commit Homself om Sy kerk lief te hê.

En tweedens, Hy het nie net Sy kerk lief nie, maar Hy tree in vir die Kerk. Johannes is op die eiland Patmos waar hy visioen ontvang en opskryf in hierdie boek Openbaring. Die eerste visioen wat hy sien is die van Christus.

Op 1:12 Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,

13 en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met 'n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met 'n goue gordel.

Eers hoor Johannes ‘n stem wat sê, v11 “Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste…” En dan draai hy om en sien sewe kandelaars. Hierdie sewe kandelaars verteenwoordig die kerk. Dit sien ons in v20. Die sewe sterre in Sy regterhand is die boodskappers van die sewe gemeentes. Die sewe gemeentes van klein Asië beeld vir ons die hele kerk uit.

So Johannes sien die kerk, die kerk van Jesus Christus en Jesus beweeg tussen die sewe gemeentes. Hy sorg dat die kandelaars brand. Hy bedien die gemeentes. Die kandelaars is van goud gemaak en dit is omdat die kerk die mees kosbaarste ding op aarde is. Hulle is kosbaar omdat hulle gekoop is met Sy eie bloed.

Jesus dra ‘n kleed wat tot op die voete hang en om die bors is dit gegord met ‘n goue gordel. Die Griekse woord vir kleed, is die woord “poderes”. Letterlik ‘n mantel. ‘n Vol lengte.

In die Ou Testament het die koning somtyds ‘n mantel gedra. Soos die mantel wat Saul gedra het. En somtyds het ‘n profeet ‘n mantel gedra. Die boodskapper aan Dawid. Maar wat in werklikheid hier uitgebeeld word is ‘n Priester.

In die Ou Testament was dit die priester wat rondom die kanderlaars beweeg het in die tempel en in die tabernakel. Dit was sy werk om die kandelaars skoon te hou en olie in te gooi en die lamppit daar te hou. Die pit het letterlik in die olie gedryf. Dan het hulle net die pit aangesteek en dan brand die olie deur. Die priester moes dit alles doen, die kandelaar skoon hou, dit versorg ens. En dit is hoe Jesus hier uitgebeeld word.

Hy sorg vir Sy kerk. Hy bedien Sy kerk as Hoërpriester.

Heb 2:17 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy 'n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.

Hy was in alle opsigte ook mens. Hy het alles wat ‘n mens moes deurmaak, ook deurgemaak.

Heb 3:1 Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus,

Heb 4:14 Terwyl ons dan 'n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.

15 Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.

16 Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Luister! Jesus het gekom na hierdie wêreld met al sy swakhede en lyding en smart en dit verdra. Hy het dit gedoen sodat Hy met ons medelye kon hê. Hy kon net sowel vir eendag gekom het, gesterf het en weer terug gegaan het, maar Hy het nie. Hy het gekom vir 33 jaar op hierdie aarde.

Hy het ervaar wat die mens deurgaan, Hy is versoek net soos die mens, maar sonder sonde. Daarom het ons ‘n barmhartige en getroue hoëpriester en Hy verstaan ons. En Hy tree vir Sy mense in, vir Sy kerk.

Is jy nie bly om te weet dat Christus is nou in die hemel en Hy tree vir jou in nie? Is jy nie bly om dit te weet nie. Hy beweeg tussen die kandelaars, Hy maak Sy kerk skoon. Hy maak seker dat die pit altyd brand. Hy is toegewyd aan Sy kerk. Hy sal Sy goddelike plig nakom deur na ons te kyk.

Hoor wat sê Hy vir die Filadelfia gemeente,

Op 3:10 Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

Maw, Hy sê, omdat julle by die goddelike plan gebly het, omdat julle my woord bewaar het, sal Ek na julle omsien. Ek sal seker maak dat niks oor julle sal kom nie. Ek sal julle bewaar van die oordeel wat oor die wêreld sal kom. Wat ‘n belofte!! Ons het ‘n Hoëpriester. Hy sit aan die regterhand van die Vader. Hy tree vir ons in. En nog meer, Hy weet van ons hartseer en beproewinge en smarte in hierdie lewe. Hy was hier. Hy het dit deurgegaan.

Voordat jy rond hardloop, opsoek na raad, opsoek na hulp, hardloop na Hom toe. Hy ken jou omstandighede. Hy ken jou probleme. Niemand verstaan jou beter as Hy nie.

Sukkel jy met sonde? Sukkel jy om dit te oorwin? Gaan vra Hom. Hy was in alle opsigte versoek net soos jy. Maar Hy het nooit toegegee nie. Hy is die beste Een wat vir jou kan sê wat om te doen.

Slot

Ek lees van ’n verhaal van ‘n prediker met die naam Tucker:

Toe hy jare gelede in Chicago gepreek het, toe kom ‘n man na hom toe en sê,

“Jy kan oor hoe dierbaar Christus vir jou is en dat Hy jou so bemoedig en jou help, maar jou vrou ook dood was soos my vrou en jou babas gehuil het vir hulle ma wat nooit sou terug kom nie, sou jy nie gesê het wat jy gesê het nie.”

‘n Paar dae later verloor Tucker sy vrou in ‘n trein ongeluk. By die begrafnis staan hy op na die diens en kyk na die kis en sê,

“Op ‘n vorige geleentheid toe ek hier gepreek het, het ‘n man na my toe gekom en gesê dat Christus nie voldoende sou wees as my vrou ook dood sou wees en my babas huil vir hulle ma nie. As daardie man hier is vandag, wil ek vir hom sê, Christus is voldoende. My hart bloei. Dit is stukkend. Dit is gebreed. Maar dit het ‘n lied en Christus het dit daar gesit. En daardie man hier is, dan sê ek weer vir hom, Christus vertroos my vandag deur my trane.”

Die skrywer sê, dat die man was toe daar en hy het vorentoe gegaan, langs die kis genkiel en sy lewe oorgegee aan Jesus Christus.

No comments: