Kommentaar

U is baie welkom om kommentaar te lewer aan die einde van elke artikel. Kom praat saam.

Wednesday, August 5, 2009

Val in die Gees - Bybels of nie?

Inleiding:

In Matt 22:29 sê Jesus: “Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.”

Ons wil nie dwaal nie, daarom is die Woord van God ons maatstaf en moet ons elke verskynsel of ervaring meet en toets teenoor die Skrif.

1 Joh 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.

Waarom sou die Bybel sê ons moet die geeste op die proef stel, as dit nie nodig was nie? Die gedeelte sê: want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. En dit is wat ons gaan doen, ons gaan die geeste op die proef stel en ons gaan die Bybel as ons maatstaf gebruik.

Baie mense wil hulle ervaringe gebruik as ‘n maatstaf, maar dit sou ‘n groot fout wees. Die hart van die mens is bedrieglik, daarom sê:

Jer 17:5 So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk.

Spr 3:5 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.

Jy kan net op die Here en sy geïnspireerde Woord vertrou, nie op jou eie ervaringe of gevoelens nie. Geloof is dus ‘n vaste vertroue op God en nie ‘n ervaring of ‘n gevoel nie.

Jy kan op God se Woord vertrou. Dit sal nooit verander nie.

Psa 119:89 Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele.

1 Pet 1:25 maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.

Verder sê Jesus ook dat as jy waarlik sy dissipel is, sal jy in sy woord bly.

Joh 8:31 En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels.

Hoe weet ons dat ons in Hom is? Wanneer ons sy woord bewaar.

1 Joh 2:5 Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.

Wanneer ons buite die Woord beweeg en ervaringe buite die Skrif aanvaar, maak stel ons onsself oop vir dwalinge.

Die Heilige Gees is die Gees van die waarheid (Joh 14:17; 15:26) en Joh 16:13 sê: Hy sal julle in die hele waarheid lei. Wanneer die Heilige Gees werk, werk Hy nie buite die Skrif nie. Joh 17:17 sê: u woord is die waarheid.

Die waarheid sonder die Heilige Gees skep ‘n dooie kerk, vol dogma en leerstellings. Die G(g)ees sonder die waarheid lei tot dwalinge, verdraaide menslike denke, en op die einde tot ‘n valse salwing.

Ef 6:17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees--dit is die woord van God--

Die swaard van die Gees is die woord van God. Sonder die woord, die swaard van die Gees, is jy wapenloos en ‘n oop teiken vir die vyand. Die Gees het nie ‘n ander swaard, behalwe die woord van God nie. Die gawes van die Gees onderstreep die waarheid, dit verheerlik Jesus en voorsien bonatuurlike wysheid aan die liggaam van Christus.

Die gawes van die Gees bring nie nuwe insigte, of ‘n nuwe openbaringe nie, maar bevestig die waarhede van Christus. Die Heilige Gees kom leer ons dit wat Jesus geleer het.

Die Woord waarsku ons teen die gevolge van ‘n valse salwing.

2 Thes 2:9 hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen

10 en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.

V10 sê: “omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het nie” Die Heilige Gees werk nooit sonder om in perfekte harmonie met die Heilige Geskrifte te wees nie. Dit is dan die Heilige Gees se werk om die waarhede wat Jesus gespreek het en die waarheid wat Hyself verteenwoordig, binne in elke gelowige te verwesenlik.

Die ervaring van saligheid, bevryding en ‘n nuwe lewe is sterk gegrond in die onveranderlike waarheid van die Skrif. Dit is ‘n ervaring wat ons emosies raak en ons persoonlikheid verander op so wyse dat dit deur die Woord bevestig kan word.

Ons hoef nie bang te wees vir emosies, vir groot vreugde of om lof aan God toe te juig nie, maar ons ervaringe moet geweeg en gelei word deur die eenvoudige leringe van die Woord, die waarheid, die swaard van die Gees.

Kom ons gaan kyk wat sê die Bybel oor “val in die Gees”

Val in die Gees – Bybels of nie?


“Val in die Gees” was algemeen bekend in die vroeë Amerikaanse Metodisme, veral by kamp byeenkomste en liefdes feeste. Hierdie verskynsel word ook na verwys as “om te val onder die krag van die Gees”, “om te val voor die Here” of “om te rus in die Here”.


Op geleenthede waar handoplegging beoefen word, kom kerklidmate of besoekers na vore op ‘n uitnodiging om ‘n salwing te ontvang. Daar word gebid vir deelnemers en hande opgelê deur die geestelike leier of leiers, waar dan die Heilige Gees oor hulle kom en hulle omval, gewoonlik agteroor. Meeste van die tyd word die val gebreek deur iemand wat hulle vang (catchers), om beserings te voorkom.


Baie Christene wat dit ervaar glo dat hulle genees is of ‘n spesiale seën van God ontvang het. Sommige sê dat hulle ‘n visie ontvang het of God se stem gehoor het.


Vandag word “val in die Gees” as die algemene aanduiding van die Gees se teenwoordigheid met krag beskryf en dit word as die bewys gegee dat jy die salwing ontvang het. Is daar skrif in die Bybel vir hierdie ervaring? Die antwoord is: NEE!


Wat sê die Bybel?


Toe die Heilige Gees op Jesus neergedaal het soos ‘n duif nadat Johannes Hom gedoop het, het Hy nie in mekaar gesak of omgeval nie. Jesus het krag gehad om selfs die ergste siektes, blindes en verlamdes te genees, en nêrens sal jy vind dat enigiemand van daardie persone wat Jesus aangeraak het, omgeval het nie.


Ons vind dit ook nie by Petrus of Johannes dat hulle mense aangeraak en hulle omgeval het nie. Hulle het nie ander dissipels gevra om agter die mense te gaan staan wanneer hulle mense hande op gelê het, om hulle te vang nie. Ons lees nêrens in die Nuwe Testament waar mense in ‘n ry gaan staan het om die salwing te ontvang nie. Nêrens sien ons die Apostels rond hardloop en mense op die voorkop slaan, of hulle in ‘n lyn laat staan om “om te val” nie.


Geen sagte musiek of repiterende liedere word gesing om ‘n atmosfeer te skep vir die salwing om te val nie. Hulle het nie herhaaldelik uitgeroep, “Vuur!” of “Ontvang” of “Meer, Here!” nie. Waar kom dit alles dan vandaan?


Diegene wat hierdie ervaring voorstaan moet mooi gaan dink oor dit wat hulle aan die Heilige Gees toeskryf. Daar is geen Bybelse voorbeeld vir “val in die Gees” soos ons dit vandag sien gebeur nie.


Jesus is die doper, wat salf met die Heilige Gees. Die krag kom alleen van Christus af. Wat ontvang mense deur hierdie ervaring? Is hierdie betoning van krag die bewys van God se teenwoordigheid?

Joh 10:41 En baie het na Hom gekom en gesê: Johannes het wel geen teken gedoen nie, maar alles wat Johannes van Hom gesê het, was waar.

42 En baie het daar in Hom geglo.

Johannes het baie mense oortuig, sonder dat daar enige betoning van krag was. Hy het geen teken gedoen nie…en baie het in Jesus geglo. Dit is die waarheid wat hulle bekeer en volgelinge gemaak het. Dit is om die waarheid (die Woord) te ken wat mense getrou laat volg, nie ‘n betoning van kragte nie.


Ons hoef nie te “val in die gees” nie, maar ons moet lewend gemaak word deur die Gees, deur die Woord wat sny.

Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Heb 4:12 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

Die een manier is deur prediking wat die Woord oopmaak en verduidelik, en die ander manier is deur ervaring. Die een kom deur die Woord wat objektief is, wat leer en oortuig deur die Heilige Gees, en die ander is subjektief, deur iemand wat jou aanraak of ‘n krag oordra. Die Woord is Bybels, die ander nie.


Voorbeelde


Die Ou Testament het baie voorbeelde van mense wat op die grond geval het.


(Gen 15:12-18)


Toe daar ‘n diepe slaap op Abram geval het, het ‘n groot skrik en duisternis hom oorval, maar dit was nie ‘n aangename ervaring nie. Hierdie was ‘n spesiale geleentheid waar God sy verbond met Abram gesluit het. Hierdie gebeurtenis was nie herhaal met enige van sy nageslagte nie. Dit is duidelik dat hierdie ervaring was nie ‘n lekker ervaring nie.


(Gen 17)

Gen 17:3 Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê:

Abram het op sy aangesig geval, maar dit beskryf nie ‘n onvrywilliglike handeling soos dit beskryf word as iemand “val in die Gees” nie. Abram het uit homself voorentoe geval op die grond, uit respek, ten volle bewus van wat hy doen in aanbidding voor die Here.


(Jos 5:14, 15)

Jos 5:14 En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die HERE; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê?

15 Toe sê die leërowerste van die HERE vir Josua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig. En Josua het so gedoen.

Wanneer Josua op sy aangesig val, gaan dit saam met ‘n bewustelike besluit om voor die Here neer te buig. Josua was nie in ‘n beswyming nie, want die Here sê vir Hom om sy skoene aan te trek en hy het so gedoen.


(Num 22:31)

Num 22:31 Toe open die HERE die oë van Bíleam, sodat hy die Engel van die HERE in die pad sien staan met sy ontblote swaard in sy hand, en hy het gebuig en op sy aangesig neergeval.

Toe Bileam die Here sien, toe buig hy hom neer en val op sy aangesig. Die beeld wat ons kry is wanneer iemand op die aangesig val, dan buig hy homself neer voor God. Elke keer as iemand op sy aangesig geval het, was dit vorentoe en nie agtertoe soos ons dit vandag sien nie.


(Ese 1:28-2:1)

Ese 1:28 Soos die gedaante van die boog wat in die wolk is op 'n reëndag, so het die glans rondom gelyk. So het die verskyning van die heerlikheid van die HERE gelyk. En toe ek dit sien, het ek op my aangesig geval en die stem gehoor van Een wat spreek.

Ese 2:1 En Hy het vir my gesê: Mensekind, staan op jou voete, dat Ek met jou kan spreek.

Die profeet is oorweldig deur die visie wat hy gesien het en val voorentoe in aanbidding voor God. Let op wat sê die Here vir hom: “…staan op jou voete, dat Ek met jou kan spreek.”


(Eseg 3:23; 34:3; 44:4)


(Dan 8:17-19)

Dan 8:17 Toe kom hy by my staanplek; en toe hy kom, het ek geskrik en op my aangesig geval. En hy het vir my gesê: Let op, mensekind, want die gesig sien op die tyd van die einde.

18 En terwyl hy met my spreek, het ek bewusteloos met my aangesig op die grond geval; toe het hy my aangeroer en my op my staanplek opgerig

19 en gesê: Kyk, ek maak jou bekend wat aan die einde van die strafgerig sal gebeur, want dit sien op die bepaalde tyd van die einde.

Toe die engel Gabriël voor Daniël kom staan het, het hy geskrik en op sy aangesig geval. Daniël het nie bewusteloos geword van die salwing of heerlikheid nie, maar omdat hy oorweldig is deur die engel, maar die engel het hom aangeroer en hom opgerig.


(Matt 17:6)

Matt 17:6 En toe die dissipels dit hoor, het hulle op hul aangesig geval en was baie bevrees.

7 En Jesus het nader gekom en hulle aangeraak en gesê: Staan op en moenie vrees nie.

Jesus het vir Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom geneem op ‘n hoë berg. Daar het Hy van gedaante verander en Moses en Elia het aan Hom verskyn. Nadat ‘n stem uit ‘n wolk met hulle praat het hulle op hul aangesig geval en gevrees. Hulle was bang (Luk 9:34) toe die Here se teenwoordigheid soos ‘n wolk hulle oordek. Let op v7! Jesus raak hulle aan en sê: Staan op en moenie vrees nie.


Uit die vorige teksgedeeltes kan ons sien dat die persone voorentoe geval het op hulle aangesig in nederigheid, sonder dat enigiemand aan hulle geraak het. Ons sien wel in Matt 17:7 dat Jesus sy dissipels aangeraak het, maar dit was nadat hulle op hulle aangesig geval het en Hy het ook gesê: Staan op en moenie vrees nie.

· Wanneer iemand agteroor geval het in die Skrif, was dit nie ‘n seën nie, maar ‘n oordeel!


(1 Sam 14:18)

1 Sam 4:18 Net toe hy melding maak van die ark van God, val hy agteroor van die stoel af aan die kant van die poort, sodat hy sy nek gebreek en gesterf het; want die man was oud en swaar. En hy het Israel veertig jaar lank gerig.

Eli hoor van sy seuns, Hofni en Pínehas, wat gesterf het toe Israel vir die Fillistyne vlug en dat hulle die ark van God geneem het. Hy val agteroor en sterf.


(Jes 28:13)

Jes 28:13 Daarom sal die woord van die HERE vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier 'n bietjie, daar 'n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.

Die profeet praat van God se Woord wat gestuur is om verkwikking te bring, maar die volk wou nie luister nie. Die gevolge bring oordeel.


(1 Sam 28:20)

1 Sam 28:20 En Saul het plotseling in sy volle lengte op die grond geval en baie bevrees geword deur die woorde van Samuel; buitendien was daar geen krag in hom nie, want hy het die hele dag en die hele nag geen brood geëet nie.

Nadat Saul ‘n dodebesweerster in Endor besoek het en hoor dat Israel in die hande van die Fillistyne oorgegee gaan word en dat Hy en sy seuns gaan sterf, het hy op die grond neergeval.


In hierdie voorbeelde sien ons dat agteroor val was nie ‘n seën nie, maar ‘n oordeel!


Hulle wat heilig is, val voorentoe op hulle aangesig, en onderwerp hulle bewustelik aan God se Heilige teenwoordigheid. Hulle word nie verward en onbewustelik soos met vandag se “val in die gees” nie.


Hulle wat vyande is val agteroor wanneer hulle gekonfronteer word met God se ware krag. Fil 2:10 sê dat elke knie sal buig. Hulle wat bewus is van wie hulle dien, buig voorentoe, wetend en by hulle volle bewussyn. Hulle wat agteroor val, bewys ‘n tekort aan onderwerping, en rebellie.


· Nog voorbeelde


(2 Kron 5)


Hier word beskryf hoe God se heerlikheid die nuwe voltooide temple gevul het.

2 Kron 5:14 En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van God vervul.

Hierdie gebeurtenis kan nie as ‘n norm aanvaar word vir vandag se kerk, soos baie al probeer het nie. Hierdie was ‘n feesviering, want die tempel was voltooi, die ark was in die tempel ingebring en Salomo het die priesters bymekaar laat kom in die Allerheiligste.


Binne die Allerheiligste het die teenwoordigheid van God fisies gemanifesteer as ‘n wolk in ‘n afgebakende plek. Die res van Israel het buitekant gestaan. In 2 Kron 7:2 en 1 Kon 8:11 lees ons dat die priesters kon nie die tempel ingaan om hulle pligte uit te voer nie, want die tempel was gevul met die heerlikheid van God.


(Dan 10:4-11)

Dan 10:8 Toe het ék alleen oorgebly en hierdie groot gesig gesien, en geen krag het in my oorgebly nie, en my gesonde kleur het aan my verander en verdwyn, en ek het geen krag oorgehou nie.

9 En ek het die geluid van sy woorde gehoor, en toe ek die geluid van sy woorde hoor, het ek BEWUSTELOOS OP MY AANGESIG, met my aangesig op die aarde, geval.

KJV

Dan 10:9 Yet heard I the voice of his words: and when I heard the voice of his words, then was I IN A DEEP SLEEP ON MY FACE, and my face toward the ground.

Daniël het in ‘n diepe slaap geval met sy gesig op die grond. Hy het voorentoe geval. Dit was nie sonder enige doel nie. Daniël, ‘n profeet, het ‘n openbaring ontvang wat Skrif sou word.


(Op 1:17)

Op 1:17 En toe ek Hom sien, val ek soos 'n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste

Toe Johannes vir Jesus sien wat verheerlik is in die hemel, sê hy dat hy soos ‘n dooie aan sy voete val. Let op dat Jesus vir hom sê hy moenie vrees nie. Johannes was oorweldig met vrees en hy het Hom nie erken as die Jesus wat hy op aarde geken het nie.


(Hand 9:3-8)


Saulus was ‘n ongelowige toe hy oppad is na Damaskus om Christene te vervolg. Hy val op die grond nadat ‘n lig hom omstraal en het ‘n openbaring van Christus. Toe Saulus op die grond val het niemand aan hom geraak nie en daar was niemand om hom te vang nie. Die Skrif sê egter nie hoe hy geval het nie, maar die Griekse taal blyk aan te dui dat hy na die grond toe val op sy eie keuse.


Dit wil nie voorkom dat Jesus die oorsaak was dat hy op die grond geval het nie, maar Jesus het hom nie toegelaat om op die grond te bly nie en sê vir hom, v6 “…Staan op en gaan na die stad…”


Onthou dat Saulus op daardie stadium ongered was, en dra hierdie gebeurtenis geen gewig om as ‘n model te dien vir gelowiges om te beoefen nie. Hy het bewustelik met die Here gepraat.


In Hand 26:14 verwys Paulus na die gebeurtenis en sê dat almal saam met hom op die grond geval het. Die ander wat saam met hom geval het, het egter nie gelowig geword soos Paulus nie. Die Here het sterk stappe geneem om Paulus se aandag te kry, want hy wou Christene doodmaak.


Hierdie insident kan nie gebruik word om die idee te ondersteun dat dit ‘n geestelike seën is, soos wat ons dit vandag sien nie.


(Joh 18:4-6)


Toe die soldate kom om Jesus te arresteer, het Hy sy krag gedmonstreer op ‘n unieke wyse. Nadat Hy Homself aan die soldate geïdentifiseer het, “…het hulle agteruitgegaan en op die grond geval.” Jesus het Homself eers geïdentifiseer deur te sê: “Dit is Ek”. Daarna het hulle veroordeeld op die grond geval.


Hierdie heidense sondaars het op die grond geval, maar hulle het nie ‘n openbaring ontvang of salwing of bekering nie. Hulle het daarna weer opgestaan en Jesus gearresteer. Daar was geen verandering by hulle nie. Hulle was steeds Jesus se vyande.


Ook het nie een van Jesus se volgelinge op die grond geval tydens die arrestasie nie. Hierdie is beslis nie ‘n voorbeeld vir die kerk nie. Hulle wat hierdie praktyk van “val in die gees” vandag beoefen ignoreer of ontken hierdie Bybelse feite om sodoende ‘n ervaring goed te keur wat nie in die Nuwe Testament voorkom nie.


Die Dictionary of Pentecostal and Charismatic movements sê: “There is no mention of the Spirit here (Jn.18:1-6) and John portrays no relationship between Spirit and power and Jesus. The text remains enigmatic, especially since John offers neither explanation for, nor effect of their fall.”


Gevolgtrekking


Dit wil voorkom dat hulle wat in rebellie is teen God val agteroor. Dit mag dalk ‘n teken vadag wees, nie ‘n seën nie, dat hierdie mense hulle nie onderwerp aan die God se Woord nie, daarom is dit ‘n teken van oordeel.


Die idee dat God “‘n nuwe ding” gaan doen is sonder enige bybelse voorbeeld. Pogings om hierdie praktyk te regverdig en te verdedig is om na die Ou Testament toe te gaan en tekste buite die konteks en agtergrond te gebruik. Sekere insidente in Handelinge, kan nie die norm gemaak word vir die Kerk (gelowiges) vandag nie.


Die krag is veronderstel om mense op te rig en nie plat te slaan nie. By die tempelpoort sê Petrus vir die kreupele:

Hand 3:6 Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!

Die krag van God het mense opgerig, maar hulle wat op die grond neer gegooi was met rukkings en stuiptrekkings was nie vervul met die Heilige Gees nie, maar somtyds duiwel-besete en het bevryding nodig gehad.

Mark 9:20 En hulle bring hom na Hom toe; en toe hy Hom sien, laat die gees hom dadelik stuiptrekkings kry, en hy val op die grond neer en rol rond met skuim in die mond.

Hierdie man het nie so gereageer as gevolg van die krag van God nie, maar hy het God se krag nodig gehad om dit te stop.


Baie mense reis ver om hierdie salwing te ontvang by die gesalfde een. Wat is die doel daarin dat iemand neergeslaan word op die grond en opgetel word en die proses nog ‘n paar keer herhaal word? Was die eerste keer dan nie genoeg om die salwing te ontvang nie?


Wat is die doel van hierdie ervaring? Wie geniet al die aandag op daardie stadium? Ons is nie veronderstel om die aandag te vestig op die persoon nie, maar die Here wat werk. Is die eerste salwing wat hy op mense plaas nie genoeg nie? Of gaan dit oor die “show”?


Martial arts, Chi kragte en Gurus raak mense aan (soos in die okkulte), en kan mense om slaan. Hierdie ooreenkomste met “val in die gees” kan nie oorgesien word nie.


Kan iemand sê “touch” of sy arms waai of met sy vingers wys en die salwing vrystel dat iemand neerval? Ons sien hoe Tele-evangeliste op mense blaas, en hulle neerval, maar tog toe Christus op die dissipels blaas het hulle nie neergeval nie. Toe Jesus mense aanraak het hulle nie geval nie. God het nie hierdie tipe krag aan enige mens toevertrou vandag nie.


Die bybelse model is, wanneer die Gees geval het, het hulle dit nie verwag nie. Die Gees word genoem die trooster, die helper, iemand soos Jesus. Jesus sê Hy stuur iemand soos Hy. Sy rol was om in die gelowiges te woon en daardeur vir hulle ‘n verhouding met God te gee. Het Jesus dan soos hierdie salwing predikers opgetree en kratige vertonings gehad?


Waarom sou die Heilige Gees so optree, wanneer Hy gekom het om van Jesus te getuig? Is hierdie Jesus se natuur of iets anders wat opereer?


Hoekom is dit so dat hulle wat hierdie krag oordra en mense laat omval, self nie omval nie en deur dit alles kan bly staan? Het hulle bestand geraak teen die salwing? Dat hulle mense kan aanraak, maar hulle en selfs die “catchers” val nie om gedurende die diens nie. Hoe kan dieselfde persoon wat omgeval het deur die aanraking van ‘n ander persoon, later deur daardie persoon omhels word en nie weer omval nie?


Wie is dan in beheer as dit net gebeur as hy sy hand waai of net as hy die woord sê? Hoekom gebeur dit net tydens dienste en nie tydens hul alledaagse verrigtinge nie?


Charles Hodge sê “..There is nothing in the Bible to lead us to regard these bodily affections as the legitimate effects of religious feelings, no such results followed the preaching of Christ or his apostles. We hear of no general outcries, faintings, convulsions, or ravings in the assemblies which they addressed…” It is evident that loud outcries and convulsions are inconsistent with these things, and therefore ought to be discouraged. They cannot be from God, for he is not the author of confusion” (C. Hodge p.80 1851).


Die vrug van die Gees is selbeheersing. Die vraag wat diegene wat oop is vir hierdie nuwe ervaringe hulleself moet af vra is…sal God my ‘n ervaring laat beleef dat ek een van die karaketeienskappe van die Gees moet opoffer? Sal Hy my laat optree op so ‘n wyse wat teenoor Sy natuur is en hoe Hy my wil vorm?

Ef 5:18 Moenie dronk word van wyn nie--daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.

19 Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here,

Hierdie is ‘n voordurende opdrag, ons moet voortdurend vervul wees met die Gees. Is hierdie egter ‘n ervaring wat die hele tyd moet plaasvind, en manefisteer dit fisies? Nee! Paulus sê: wees vervul met die Gees, en dit beteken, selfbeheersing en blydskap, vol lofsange en geestelike liedere. Die teenoorgestelde van om met die Gees vervul te wees is om buite beheer te wees, plat op die vloer.


Hy maak ‘n teenstelling. Ons is onder Sy beheer en nie buite beheer, dronk en losbandig nie. Paulus sê om met die Gees vervul te wees gee dit jou selfbeheersing. Hy wil hê ons moet aktief besig wees met Sy werk, nie omgeslaan, en dom nie.


Om met die Gees vervul te wees, produseer nie dieselfde effekte as wyn nie, dit is net die teenoorgestelde. As dit sou, sou mense wat dit geniet kerk toe kom om dronk te word. Sommige sê dit is die blydskap van die Here, maar die die blydskap van die Here is jou sterkte, nie jou swakheid nie. Dit maak jou nie kragteloos dat jy nie van die grond af kan opstaan nie.


Hoekom moet mense voorberei word vir hierdie geestelike ervaring? Eerstens is daar die verwagting dat dit gaan gebeur; die outosuggestie van neerval. Hulle aanvaar hierdie ervaring, want hulle het die vooropgestelde idee dat iemand neerval wanneer die Gees oor hulle kom, en het alreeds hierdie ervaring aanvaar dat dit van God af is.


Iemand raak aan hulle en hulle val om. Groepsdruk speel ook ‘n groot rol. Iemand mag dalk verleë voel as almal omval behalwe hy, of hy mag dalk as ongeestelik gesien word en dat daar fout is met hom.


Om te val op die regte tyd word ‘n geleerde metode. Baie mense het later erken dat hulle geval het, want hulle wou nie die prediker telleurstel nie. Ander mense val met die hoop dat hulle ‘n ervaring gaan kry wat hulle nog nooit gehad het nie. Tog val daar ook mense wat deur een of ander krag oorval is.


Dit is baie gevaarlik in die sin dat hierdie kragte met demoniese kragte te doen het. Hierdie verskynsel van “val in die Gees” is nie ‘n nuwe verskynsel nie. Waar kom hierdie verskynsel dan egter vandaan as dit nie ‘n Bybelse verskynsel is nie?


Kundalini Joga & Shaktipat

Kundalini in Engels beteken “the serpent power.” Dit is die algemene Hindoe geloof dat daar in elke persoon ‘n slang woon wat styf opgekrul is by die onderpunt van die rugraat. Deur die beoefening van Kundalini joga, saam met ‘n mantra, meditasie en ‘n oordra vanaf die goeroe, kan hul Kundalini ontwaak. Kundalini joga is die kragtige joga van Hindoeïsme. Dit is die pad na totale vryheid of godheid.

Kundalini word wakker gemaak en gelei na volle verwesenliking deur ‘n perfekte meester van joga, ‘n geestelike meester wat reeds hierdie krag besit. Shaktipat is die inwyding wat gedoen word deur ‘n Shaktipat goeroe. Shaktipat of Shakti Sanchar is die ontwaking van hierdie innerlike geestelike energie.


Die mees gevreesde en geadmireerde godheid in Hindoeïsme is die godin Kali (Durga), die vrou van Shiva die verwoester. Sy staan ook bekend as Shakti, wat beteken mag en Shakti verteenwoordig die onpersoonlike mag wat volgens die Okkultistiese leer die heelal beheer.

Shaktipat is dan die goddelike aanraking met krag van die goeroe. Hierdie term word gebruik om die aanraking van die goeroe se hand op die aanbidder se voorhoof te beskryf wat bonatuurlike uitwerkinge lewer. Die bonatuurlike uitwerking van shakti deur die goeroe se aanraking kan die aanbidder op die grond laat neerslaan of hy kan ‘n helderlig sien en ‘n ervaring van verligting of innerlike illuminasie ontvang, of een of ander mistiese of psigiese ervaring beleef.

Hindoe goeroe’s dra shaktipat oor aan die massas deur hande op te lê of om in iemand se oë te kyk, of ‘n woord te spreek of net te mediteer, alhoewel “die Mag” wat kom van die goeroe so sterk kan wees dat mense wat binne hierdie krag veld kom letterlik op die grond gegooi word. Shaktipat aktiveer dus die Kundalini, die mag van die slang.

http://watch-unto-prayer.org/index.htm

Kundalini is ten minste 1000 jaar oue okkultiese praktyk (bv. Qigong – ‘n Chinese okkultiese tradisie). Dit sluit liggaamlike manefistasies in wanneer die Kundalini ontwaak.

Wanneer die Kundalini energie vrygestel word, het dit die vermoë om liggaamlike genesings te laat plaasvind. Christina en Stanislov Grof, outeurs wat skryf oor die New Age in hulle boek, “The Stormy Search for the Self,” sê die volgende:

"individuals involved in this process might find it difficult to control their behavior; during power rushes of Kundalini energy, they often emit various involuntary sounds, and their bodies move in strange and unexpected patterns. Among the most common manifestations ... are unmotivated and unnatural laughter or crying, talking tongues ... and imitating a variety of animal sounds and movements" (p. 78-79).

Goeroes

Bhagwan Shree Rajneesh (1931-1990)



“Bhagwan” beteken “God” en “Shree” beteken “Meester”. Hy het “samadhi” (verligting wanneer sy siel eenword met die heelal) ontvang op 21 Maart 1953 op die ouderdom van 21.

Sy volgelinge het die volgende beoefen: meditasie, matra, naturisme, primitiewe gillery, ekstreme vorme van geweldadige oefeninge, en vrye liefde.

Wanneer hy net opgedaag het voor sy volgelinge, het hulle begin om te ween en onbeheersd te lag. Hulle het gedans, gehop en bewusteloos geraak net deur sy teenwoordigheid.

Rajneesh skryf in sy boek, “Dance Your Way To God” die volgende:

"A bolt of electricity passing through his body. Passing from one person to the next, moving around the circle, coming back to him. The group began shaking violently. It was as if they were all possessed, taken over by a powerful impersonal energy." (Bhagwan Shree Rajneesh, "Dance Your Way To God" pg. 148)

"Suddenly her body was shaking, she was screaming. Somendra was moving around her - touching her on the back of her neck, on the chest, on the belly. As he'd touch her, his hands vibrating with energy, the part of her body where he touched her would begin shaking more violently. Shaking, screaming, crying - she became a dynamo of energy...she was on fire, from the opposite corner they could feel her energy." (Bhagwan Shree Rajneesh, "Dance Your Way To God" pg. 149)

"just be joyful ... God is not serious ... this world cannot fit with a theological god ... so let this be your constant reminder - that you have to dance your way to God, to laugh your way to God" (Bhagwan Shree Rajneesh, "Dance Your Way To God" pg. 229)

Hierdie ervaringe wat mense beleef in Kundalini joga sien ons ook by die charismatiese beweging. Hulle noem dit ‘n spesiale aanraking van die Heilige Gees. ‘n Mens kan egter nie die ooreenkomste met “val in die Gees” en shaktipat ignoreer, terwyl hierdie verskynsel ook nie Bybels beantwoord kan word nie.

Shakers (1747…)


Die Shakers was die charismate van die 1700’s en het ontstaan vanuit die Quakers. Hulle het eers as die “Shaking Quakers” bekend gestaan. Die Quakers kom weer van die “French Prophets”.

Verskynsels wat by hulle voor gekom het, was die “lag in die Gees”, “dronk in die gees”, “val in die gees”, “nuwe openbaringe”, “profetiese uitsprake”, “stuiptrekkings”, “dans in die gees”, “trans toestande”, “minder klem op die Bybel, maw. anti-intellektueel”, “meer klem op ervaringe en emosies”, en “gelykheid van vrouens in die bediening”.



“Val onder die krag” was ‘n algemene uitdrukking by die Shakers. Mary Ann Lee (1736-1784) het ‘n groot rol gespeel in die vorming van hierdie groep en sy was ook genoem, die moeder in Christus, Moeder Ann. Na haar dood het Jesus en Moeder Ann direk met hulle gekommunikeer. Sommige geskiedkundiges noem hulle die voorgangers van moderne spiritualisme.

“Val in die gees” was ook een van die tekens in die bediening van Maria Woodworth-Etter (1844-1924) die trans evangelis. Hierdie manefistasies het in 1885 in haar bediening begin, jare voor die Azusa herlewing.

Sy het haar geestelike krag ontvang by ‘n Quaker byeenkoms, ‘n nie-ortodokse sekte. Sy het in ‘n trans gegaan en het die vermoë gehad om ander in ‘n trans te sit deur hande op te lê. Sy was ‘n prediker in die heiligheids beweging in die 1880’s. Sy het ‘n reputasie opgebou deur vals te profeteer dat San Francisco vernietig gaan word deur ‘n aardbewing in 1890. Sy beskryf haar krag deur ‘n visie:

“…Maria had a great vision. Angels came into her room. They took her to the West, over prairies, lakes, forests, and rivers where she saw a long, wide field of waving golden grain. As the view unfolded she began to preach and saw the grains begin to fall like sheaves. Then Jesus told her that, “just as the grain fell, so people would fall” as she preached.” (Wayne E. Warner, “Neglect Not the Gift That Is in Thee,” Etter Sermon from The Woman Evangelist p. 10)

Alan Morrison van Diakrisis Uitgewers in Engeland bespreek die verskynsel wat hierdie vrou beroemd gemaak het.

“In her preaching in the 1880’s, she advocated a religious experience she called the “power”, and she would often go into a trance during the services, standing with her hands raised in the air for more than an hour. Nicknamed the trance- evangelist and even the voodoo priestess, she was often accused of hypnotizing people. And here is where we come to the very crux of the “slain in the Spirit Phenomenon.” Morrison identifies this hidden power that Maria discovered which was non other than the ancient art of hypnotism that almost a century (1734-1815) before was practiced with the same results by Anton Mesmer. “As one researcher of the occult has noted, the phenomenon that are now defined as hypnotic emerged from the faith healing activities of Mesmer at the turn of the eighteenth and nineteenth centuries.” (James Webb, the Occult Establishment Open Court 1976, p.352)


Hierdie praktyk was nie wyd verspreid in Pinkster kringe tot en met die begin van die bediening van ‘n vrou met die naam van Aimee Semple McPherson (1890-1944) nie. Sy het mense onder die krag laat val in haar bediening. Sy het ook gesterf aan ‘n dwelm oordosis.

Dit was Kathryn Kuhlman (1907-1976) wat “slain in the spirit” ‘n algemeen


aanvaarbare term gemaak het onder die charismate in die ’60s en ‘70s. Benny Hinn maak daarop aanspraak dat hy haar opvolger is en “die salwing” opgetel het by haar graf.

Bruce R. McConkie, ‘n apostel en gesagspersoon in die Mormoonse kerk sê: “The Spirit of God which emanates from Deity may be likened to electricity” (Mormon Doctrine, pp. 752-53). Is dit nie wat ons hoor gebeur by hierdie manefistasies nie?


Kan die Heilige Gees rondgegooi word soos ‘n mag? Die Gees gaan waar die leier vir Hom sê om te gaan. Bybels moet ons onderwerp en deur die Gees gelei word, wat die teenoorgestelde is. Jesus het geleer dat die Heilige Gees gaan waar Hy wil, en geen persoon kan vir Hom besluit nie.

Joh 3:8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

Niemand weet vanwaar die Gees kom nie en waarheen Hy gaan nie. Hoe kan iemand vir die Heilige Gees sê waar om te gaan en weet waarheen Hy volgende gaan en wat Hy gaan doen? Dink vir ‘n oomblik! Waar kom hierdie ervaringe vandaan? Selfs die Apostels het nie hierdie ervaring beleef nie. Wat is die bron van hierdie ervaring?


Wanneer die teenwoordigheid van God in die Ou Testament gekom het, was almal teenwoordig geaffekteer, maar vandag bly die leier staan terwyl die deelnemer val. Het hy ‘n weerstand ontwikkel teen die teenwoordigheid van God?


Die Bybel beveel ons om die geeste te toets. Volwasse Christene toets die geeste; babas, swak en vleeslike Christene vermy dit.

Heb 5:13 Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy 'n kind is.

14 Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

As ons nie toets nie, kan ons val in nie-Bybelse praktyke wat ons Christelike wandel en getuienis skade kan aanrig.


Mesmerisme




Anton Mesmer kan ook beskou word as die vader van “val in die Gees” in die moderne tyd, behalwe dat hy net eenvoudig ‘n okkultis was. Hy het gesê dat hy “dier magnetisme” ontdek het. Hy het belanggestel in ESP en sy doktoraal gedoen in astrologie. Hy het ‘n wetenskaplike benadering gevolg met sy navorsing oor kontak met geeste en transe deur “dier magnetisme (universal fluid).”

Wat hy ontdek het is om vreemde kragte in die mens te aktiveer wat hom help om insigte te verkry in kosmiese verborge waarhede wat verborge is vir die gewone mens.


Samuel Hanneman, die stigter van Homeopatie (New Age medisyne) was deur Mesmer beïnvloed. Phineas B. Quimby wat ook ‘n mesmeris was, het hierdie kragte aan Geeste toegeskryf vir die gebruik van onbekende energie, maar later het hy gesê dit is die siel. Hy het Mary Baker Eddy gesond gemaak deur hierdie krag en sy het die stigter geword van “Christian Science.”


Helena Blavatsky, die stigter van die Teosofiese Vereniging het Mesmer se werk gelees en dit het die fondasie geword van haar werk in mistisisme. Hierdie metode het ‘n naamsverandering ondergaan, vanaf okkultiese krag na hipnose.


John Weldon sê in sy boek, Psychic Forces and occult Shock: “In fact, no occult phenomenon found in Mesmerism is lacking in hypnosis.” (p. 255)


Moderne hipnose is mesmerisme. Martin Ebon sê: “The Mesmeric, or hypnotic, trance bears a close resemblance to the mediumistic trance.”


Ons sien dieselfde atiwiteite van Mesmer in sommige van die charismatiese kerke vandag. “Mesmer marched about majestically in a pale lilac robe, passing his hands over patients bodies or touching them with a long iron wand. The results varied. some patients felt nothing at all, some felt as if insects were crawling over them, others were seized with hysterical laughter, convulsions or fits of hiccups. Some went into raving delirium, which was called “the crises” and was considered extremely healthful” (R. Cavendish, the magical arts RKP 1984 pg.180).


Wat beskryf was, was mense wat goed voel, opgelig, ‘n gevoel van vryheid en sin van welstand deur hierdie ervaring.


Martin Luther wat die hervorming begin het, het gesê dat daar ‘n sekere groep predikers in sy dag was wat hulle eie gees verwar het met die Heilige Gees. “they think they have swallowed the Holy Ghost feathers and all.”


Johannes Calvyn het gesê: “the fanaticism which discards the scripture, under the pretense of resorting to immediate revelations is subversive of every principle in Christianity. For when they boast extravagantly of the Spirit the tendency is always to bury the word of God so they can make room for their own falsehood.”


In ‘n soeke na ‘n seën, het hulle die waarheid verloën in ruil vir ‘n bonatuurlike ervaring, sonder om dit te toets teen die Heilige Skrif. Die Bybel gee ons nêrens ‘n voorbeeld van mense wat in ‘n ry gaan staan om ‘n salwing te ontvang deur ‘n gesalfde persoon nie.

Jesus is ons voorbeeld. Hy was die gesalfde van God.

Hos 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp…,

Wat om te doen?

Jy het nie ‘n buite Bybelse ervaring nodig wat tot jou geestelike lewe sal baat nie.

2 Pet 1:3 Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,

Bou op die Woord van God en jy sal nie ‘n fout maak nie.

No comments: