Kommentaar

U is baie welkom om kommentaar te lewer aan die einde van elke artikel. Kom praat saam.

Wednesday, August 5, 2009

Spreek in tale - deel 6

Die einde van Tale

In die vorige hoofstukke het ons gesien dat:

1. tale ‘n gesprek is tot God en nie tot mense nie,

2. tale nie ‘n teken vir die gelowiges is nie,

3. tale ‘n teken vir die ongelowige Jode was,

4. tale nie onverstaanbare dialek was nie,

5. hedendaagse uitleg is ‘n klug,

6. die rede waarom Jesus nie in tale gespreek het nie die waarheid onderstreep dat dit slegs ‘n teken was vir “hierdie volk”,

7. die privaat gebruik daarvan onbybels is, want dit was ‘n teken vir ongelowiges.

Punt 3 en 6 alleen is genoeg bewyse, volgens dit wat die Gees sê, dat die gawe lank gelede opgehou het om te bestaan. Augustinus het dit opgemerk en ook dit so verstaan. Hy sê, "It was a sign appropriate to that era. It was meant to announce the coming of the Holy Spirit on people of all tongues, to demonstrate that the Gospel was to be announced to every language on earth. This happened to announce something, then disappeared". (Homilies on the first epistle of John).

Hierdie waarheid is so duidelik en logies. Die vroeë kerk het meer en meer nie-Joods geword en bestaan uit mense van alle tale. En daarom was hulle ook al hoe meer oortuig dat die offer van saligheid nou universiëel is. Nadat hierdie waarheid erken is, was daar niemand meer oor om te oortuig nie.

God was ook die God van ander tale. Daarom was hierdie teken nie meer nodig nie. God het hierdie teken onttrek soos wat hy die laken met diere op wat drie keer aan Petrus verskyn het opgetrek het in die hemel.

‘n Bietjie meer Bybelse kennis

Die ondersteuners van spreek in tale work kwaad wanneer daar enige voorstel is dat sekere gawes van die Gees, wat in die apostoliese kerk gebruik is, dalk nie meer vandag bestaan nie. Hulle is van mening dat as die vroeë kerk dit nodig gehad het, hoeveel te meer het die kerk in vandag se moeilike tye dit nie nodig nie. Jesus is dan gister, vandag en tot in alle ewigheid dieselfde.

Die feit is dat ons egter sekere opdragte en gebruike nie meer gebruik vandag nie, soos die besnydenis of die offers van lammertjies. Maar wat van die Nuwe Testament?

Die vraag is: bestaan die mees gesaghebbende en gedemonstreerde gawe vandag nog, die gawe om deur kennis en geïnspireerde profesie by die Bybel by te voeg? Hierdie gawe het in die vroeë kerk ‘n groot en baie belangrike rol gespeel. Het God hierdie gawe verwyder? Het hierdie gawe opgehou het? Natuurlik. Niemand kan enigiets byvoeg by die kanon nie.

Hoekom is dit so moeilik om dan te glo dat die gawe van tale opgehou het as die Bybel so sê? (1 Kor 13:8)

Die uitstorting van die Heilige Gees in Handelinge 2 het gepaard gegaan met ‘n groot rukwind en tonge van vuur, maar hierdie twee tekens word nie weer herhaal nie. ‘n Mens kan nie redeneer dat as die vroeë kerk dit nodig gehad het, hoeveel te meer het ons dit vandag ook nodig nie. Net so kan ‘n mens nie redeneer dat as hierdie twee tekens in die verlede plaasgevind het, dat dit vandag ook moet plaasvind nie.

God het hierdie tekens onttrek net nadat Hy dit gegee het en ons moet dit so aanvaar. As die kerk heeltemaal te vrede is om sonder die “tonge van vuur” en “’n groot rukwind” en “inspirasie van die skrywe van die Skrif” vir negentien eeue klaar te kom, en dit vandag ook nie sien gebeur nie, is dit omdat die kerk dit nie nodig het nie. Dit bewys dat sekere gawes en tekens nie permanent is nie.

Wanneer?

Wanneer het tale dan opgehou?

1 Kor 13:10 Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.

Volgens Pinkster en Charismatiese kringe verwys hierdie teksgedeelte na die wederkoms van Jesus Christus. Maar kom ons lees stadig hierdie gedeelte en vind uit. Alles is baie duidelik.

1 Kor 13:8 Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë--hulle sal tot niet gaan; of tale--hulle sal ophou; of kennis--dit sal tot niet gaan.

1. Profesieë sal tot niet gaan

2. Tale sal ophou

3. Kennis sal tot niet gaan

Vers 9 sê dan vir ons wat sal tot niet gaan wanneer die volmaakte gekom het (v10).

9 Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.

1. Ken ten dele (gawe van kennis)

2. Profeteer ten dele (gawe van profesie)

3. ???

Wat het gebeur met die gawe van tale? Dit is nie meer daar nie! Die einde van tale is nie verbind met die ander twee gawes wat tot niet sal gaan wanneer die volmaakte gekom het nie. Die Heilige Gees het dit nooit gesê of geleer nie.

Inteendeel leer Hy ons, soos ons alreeds beklemtoon het, dat hierdie gawe verbind is aan heeltemaal iets anders. Dit is verbind aan die DOEL waarvoor God dit gegee het.

Hierdie doel was ten volle verwesenlik toe die kerk erken dat alle tale, volke en nasies deel is van die kerk. Daarom het hierdie teken geen doel meer gehad om te bestaan nie.

Wanneer die volmaakte kom (v10), of dit verwys na Jesus se wederkoms en of dit verwys na die afsluiting van die geskrewe openbaring, die Skrif, het geensins enige verband met die ophou van die tale nie. Die Heilige Gees het dit verwyder in v9 en nie vergeet om dit daar te plaas nie.

Ses of Drie?

Net om enige toekomstige argumente te vermy, sal ons vir een oomblik ons verbeel dat tale in v9 geskrywe is. En ons sal demonstreer dat die “volmaakte wat gekom het” nie kan verwys na die wederkoms van Christus nie.

Paulus praat nie net van drie nie, maar ses:

- Kennis

- Tale

- Profesie

- Geloof

- Hoop

- Liefde

Van hierdie ses is die enigste drie wat nie tot niet gaan nie, die laaste drie, geloof, hoop en liefde wat sal BLY totdat Christus weer kom. As daar drie is wat sal BLY, dan is daar drie wat NIE BLY NIE. En watter is dit? Kennis, tale en profesie.

Om te ontken dat hierdie drie sal verdwyn, is om te sê dat die Heilige Gees sê dat ses bly tot by die wederkoms van Jesus. Paulus sê egter dat daar net drie oorbly tot by die wederkoms. Die ander gaan nie bly nie, maar tot niet gaan of ophou voor die tyd.

Wanneer sal dit tot niet gaan? Nou dat die “volmaakte wat kom” voor die wederkoms plaasvind en net drie sal bly tot aan die einde, kan die “volmaakte wat kom” nie verwys na die werkoms nie.

Wat beteken “die volmaakte”?

Sommige meen dat as tale opgehou het, het die gawe van kennis en profesie ook opgehou. Dit is iets wat sonder twyfel aavaar en verduidelik kan word. Toe Paulus hierdie gedeelte (v8) geskryf het, was die kanon nog nie gefinaliseer nie. Omtrent die hele Nuwe Testament en selfs drie van die evangelies moes nog geskryf word.

Waaruit bestaan die Woord van God? Uit die kennis wat dit oordra en die profesie wat dit openbaar. Op daardie tydstip toe hierdie twee basiese elemente van die Christen geloof nog nie in die Nuwe Testament opgesluit is nie, het die Gees woorde van kennis en profetiese opbouing gegee gedurende byeenkomste in die vroeë kerk (1 Kor 12:8).

Paulus, saam die ander, maak ons bekend met die Here en Sy leringe deur hul geïnspireerde skrywe en gee vir ons al die profetiese openbaringe wat nodig is om geestelik te groei. Hierdie kennis en profesië, selfs in die skrif, is gedeeltelik (Joh 21:25), maar genoeg vir ons saligheid en opbouing. God het gedink dat dit nie nodig was om ons meer te vertel oor Sy Seun of oor die toekoms nie.

Hoe dit ookal sy, nadat al die kennis en al die profesië, selfs ten dele, in die Nuwe Testament opgeteken is, het hierdie twee gawes tot ‘n einde gekom na die afsluiting van die kanon of die Skrif, nadat “die volmaakte gekom het.”

Psa 119:96 Aan alle volmaaktheid het ek 'n einde gesien, maar u gebod (u Woord) is baie wyd.

So is die volmaaktheid dat vir twee duisend jaar niks daarby gevoeg is nie. Ons het slegs kennis en profesië van ‘n sekondêre aard. Hulle kan alleen kommentaar lewer op die oorspronklike. Hulle gee ‘n verduideliking of interpretasie, maar kan niks byvoeg by dit wat reeds geskrywe staan nie. Die waarde van hul inspirasie kan nie vergelyk word met die oorspronlike nie. Daar is ‘n fondasie van kennis en profesie waarby niks gevoeg kan word nie.

Paulus sê dat kennis en profesie sal ophou wanneer die volmaakte gekom het. En met die koms van die volmaakte openbaring, het dit tot niet gegaan met die laaste woorde deur die outeur van die boek van Openbaring.

Dr. Scofield sê oor 1 Kor 14:11 die volgende, "The New Testament prophet was not a simple preacher, but an inspired preacher who communicated the revelations corresponding to the new dispensation (I Cor. 14:29-30) until the writing of the New Testament was finished".

Soos die koperslang

God het vir Moses ‘n opdrag gegee (Num 21:9) om ‘n koperslang te maak. Dit was ‘n goddelike gawe, ‘n krag van God tot voordeel vir hulle wat die Woord van God geglo het. Jesus verwys daarna in (Joh 3:14).

Hierdie koperslang was vir eeue deur die Israeliete bewaar. Wat het die goeie koning Hiskia gedoen? Hy het die hoogstes verwyder en die koperslang wat Moses gemaak het, stukkend gestamp, omdat die kinders van Israel tot op daardie dag offerrook laat opgaan het voot dit (2 Kon 18:4).

Hierdie koperslang het ‘n struikelblok geword vir Israel. Dit was nie ‘n duplikaat nie, maar die een wat Moses self gemaak het. Die primêre doel van die koperslang, dat hulle daarna moes kyk om te lewe, was verder uit verband geruk oor die eeue.

Onder die misleiding dat dit verbind is aan ‘n onveranderlike God, het dit die plek van God ingeneem en ‘n afgod geword. Diegene wat die gebruik daarvan bevraagteken het, het nie algemene ooreenstemming onder sy volksgenote gevind nie. Die aanhangers van die koperslang was instaat om die geskiedenis, die bybelse en ongetwyfeld empiriese feite weer te gee.

Hulle kon geargumenteer het dat God wat die opdrag gegee het om die koperslang te maak, gister, vandag en tot in alle ewigheid dieselfde bly, dat die krag van God nie verander het nie, en dat daar nie een woord gesê is wat die einde van sy krag of gebruik aangekondig het nie.

En tog het die geestelike praktyk rondom hierdie koperslang ‘n afgodediens geword. En vir ‘n groot getal mense vandag het spreek in tale ook ‘n afgodediens geword. Hulle verdedig hul toewyding daardaan deur te sê dat God dit gegee het, maar God het ook die koperslang in die woestyn gegee, vir ‘n beperkte tyd. Daarna het dit verval, soos goeie medisyne wat na ‘n beperkte tyd gevaarlik kan word. Die genesing verander in infeksie.

Toe die koperslang weggeneem is, was daar verseker baie mense wat ‘n afname in hul geestelike toewyding beleef het, want hulle het niks anders gehad waaraan hulle kon vashou nie. Dit is dan verstaanbaar waarom soveel mense aan spreek in tale vashou. Hulle geestelike lewe is so arm, so min Bybel gebaseerd, dat as hulle dit verloor, is daar niks vir hulle oor nie.

Die Manna

Gedurende die veertig jaar in die woestyn, het die Israeliete manna uit die hemel ontvang, ses dae uit sewe. Hierdie gawe was ‘n teken, bewys van verwagting, dat ‘n groot oes vir hulle wat in die land Kanaan. Die manna het egter opgehou die oomblik toe hulle in die Beloofde Land ingegaan het. Die God wat dit aan hulle gegee het, het dit ontrek. Hoekom? Want hulle het die oes ontvang.

Die gawe was ‘n teken sowel as ‘n voorsmaak van die wat sou kom. En toe hulle die belofte ontvang het, het die teken opgehou. Net so het die teken van tale die oes van die heidene aangekondig. Soos die manna nie voortgeduur het nie, net so het die gawe van tale nie voortgeduur toe die oes gekom het nie.

  1. Die oordeel op die ongelowige Jode wat met die teken van die spreek in tale aangekondig is (Jes 28:11-13; 1 Thes 2:6; 1 Kor 14:21) het op hulle gekom met die val van Jerusalem in die jaar 70 nC. en die begin van die diaspora.
  2. Die groot getal volke van ander tale wat in die kerk ingekom het, wat aangekondig is met die spreek in tale, het parallel geloop met die oordeel van Israel. Die teken se doel was geheel en al vervul. Net soos die woorde “dit is volbring” op die kruis, is die herhaling van dieselfde offer verbied.

No comments: